1 Hoor hierdie woord wat ek teen julle moet sê,hierdie treurlied, Israel:
2 Israel het geval en hy sal nie weer opstaan nie;hy lê neergegooi op sy gronden niemand help hom op nie.
3 So het die Here my God gesê:Die stad wat met duisend gaan aanval,hou net honderd oor,en dié een wat met honderd aanval,hou net tien oor vir Israel.
4 So sê die Here vir Israel:Vra na my wil, dan sal julle lewe!
5 Moenie in Bet-El gaan raad soek nie,moenie na Gilgal toe gaanof verbygaan Berseba toe nie.Gilgal sal in ballingskap weggevoer word,en Bet-El sal tot niet gaan.
6 Vra na die wil van die Here, dan sal julle lewe!As julle dit nie doen nie,sal die Here vir Josef soos 'n vuur tref,'n vuur wat vir Bet-El sal verteersonder dat iemand dit kan blus.