21 Ek haat, Ek verafsku julle feeste,Ek het niks aan julle feestye nie.
22 Al bring julle vir My brandoffers en graanoffers,dit is nie vir My aanneemlik nie,en Ek kyk nie eens na julle maaltydoffersvan vetgevoerde kalwers nie.
23 Gee pad voor My met die rumoer van jou gesing;Ek wil nie jou harpmusiek hoor nie!
24 Maar laat die reg en die geregtigheid te voorskyn kom,laat dit aanrol soos watergolwe, soos 'n standhoudende stroom.
25 Moes julle vir My die veertig jaar in die woestyndiereoffers en graanoffers bring, Israel?
26 Julle sal julle koning Sikkut en julle afgodsbeeld Kijun,dié stergode wat julle vir julle gemaak het,moet dra
27 wanneer Ek julle in ballingskap laat wegvoerver by Damaskus verby, sê die Here.Sy Naam is Almagtige God.