11 Wanneer die Here die bevel gee,word die huise platgeslaan, in puin gelê,groot en klein.
12 Perde kan tog nie op 'n klipplaat galop nie!'n Mens ploeg tog nie die see met osse nie!Hoe maak julle dan van die reg iets wat giftig is,van regspraak 'n bitter saak?
13 Julle verheug julle oor Lo-Dabar,julle sê: “Dit is tog deur ons eie kragdat ons Karnajim vir ons teruggevat het!”
14 Maar Ek gaan nou 'n nasie teen julle laat optrek, Israel,sê die Here die almagtige God,en dié nasie sal hardvogtig oor julle heersvan Lebo-Hamat af tot by die stroombedding in die Jordaanvallei.