2 Gaan kyk in Kalne,gaan daarvandaan na die groot Hamat toe,gaan af na die Filistynse stad Gat toe!Is julle beter as daardie koninkryke?Is hulle grondgebied groter as julle s'n?
3 Julle maak of die dag van rampe ver is,maar julle bring juis die dag nader dat geweld julle sal regeer.
4 Julle lê op julle beddens wat met ivoor ingelê is,julle strek julle uit op julle rusbanke,julle eet lammers uit die kleinveetropen kalwers uit die stal,
5 julle maak liedjies vir die harp,julle dink hulle vir musiekinstrumente uit soos Dawid,
6 julle drink wyn uit offerkommeen salf julle met uitsoekolie,maar oor die vernietiging van Josef bekommer julle julle nie.
7 Daarom sal julle nou weggevoer wordop die voorpunt van die ballinge.Die tyd is verby dat julle uitgelate lê en feesvier.
8 Die Here my God het 'n eed afgelê by Homself,die Here die almagtige God sê:Ek verafsku die hooghartigheid van Jakob,Ek het 'n weersin in sy mooi huise!Daarom gee Ek die stad en al wat daarin is, oorin die mag van 'n vyand.