8 Die Here my God het 'n eed afgelê by Homself,die Here die almagtige God sê:Ek verafsku die hooghartigheid van Jakob,Ek het 'n weersin in sy mooi huise!Daarom gee Ek die stad en al wat daarin is, oorin die mag van 'n vyand.
9 As daar tien man in een huis oorgebly het,sal hulle sterwe.
10 As 'n familielid of iemand wat die bene moet verbrand,hulle uit die huis kom dra,sal hy vir die een wat dalk nog agter in die huis is, vra:“Is daar nog iemand by jou?”en as dié sê: “Nee!” sal die familielid sê:“Bly stil! Ons moet nie eens die Here se Naam noem nie!”
11 Wanneer die Here die bevel gee,word die huise platgeslaan, in puin gelê,groot en klein.
12 Perde kan tog nie op 'n klipplaat galop nie!'n Mens ploeg tog nie die see met osse nie!Hoe maak julle dan van die reg iets wat giftig is,van regspraak 'n bitter saak?
13 Julle verheug julle oor Lo-Dabar,julle sê: “Dit is tog deur ons eie kragdat ons Karnajim vir ons teruggevat het!”
14 Maar Ek gaan nou 'n nasie teen julle laat optrek, Israel,sê die Here die almagtige God,en dié nasie sal hardvogtig oor julle heersvan Lebo-Hamat af tot by die stroombedding in die Jordaanvallei.