1 Die Here my God het my 'n gesig laat sien: Daar was 'n mandjie ryp vrugte,
2 en die Here het vir my gevra: Wat sien jy, Amos? Ek het gesê: “'n Mandjie ryp vrugte.”Toe sê die Here vir my:Die tyd is ryp vir my volk Israel,Ek sal hom nie meer spaar nie.
3 Daardie dag sal die sang in die paleis'n gehuil word, sê die Here my God.Daar sal baie lyke wees, oral neergegooi.Bly liewer stil!
4 Luister hierna, julle wat arm mense vertrap,julle wat die mense in nood in die land wil uitroei.