21 Dié wat die walglike, afskuwelike dinge bly doen, se dade sal op hulle eie kop afkom.”Dit het die Here my God gesê.
22 Toe het die gerubs hulle vlerke gespan, en die wiele het saam met hulle beweeg. Die magtige teenwoordigheid van die God van Israel was bokant die gerubs.
23 Die magtige teenwoordigheid van die Here het uit die stad uit opgestyg en op die berg oos van die stad gaan staan.
24 Daarna het die Gees my opgetel en my teruggebring na die land van die Galdeërs toe, na die ballinge toe. Dit het gebeur in die gesig wat ek deur die Gees van God gesien het. Die gesig was toe verby.
25 Ek het alles wat die Here my laat sien het, vir die ballinge vertel.