2 “Waarom gebruik julle in die land Israel hierdie spreekwoord:“ ‘Die vaders eet groen druiwe,en dan word die kinders se tande stomp’?
3 “So seker as Ek leef,” sê die Here my God, “julle sal nie meer dié spreekwoord in Israel gebruik nie.
4 Al die mense behoort aan My, vaders en kinders is Myne. Dit is die mens wat sondig wat sal sterf.
5 Wie wil leef volgens my wil, sal reg laat geskied en reg doen:
6 “hy sal nie aan die offermaaltye op die berge deelneem nie,hy sal nie hulp soek by die afgode van die volk Israel nie,hy sal nie 'n ander se vrou onteer nie,hy sal nie aan 'n vrou raak wat menstrueer nie,
7 hy sal niemand verdruk nie,hy sal goed wat hy in pand geneem het, teruggee,hy sal niemand beroof nie,hy sal van sy kos gee vir dié wat honger is,hy sal klere gee vir dié wat nie klere het nie,
8 hy sal nie geld op rente uitleen nieen nie woekerwins vat nie,hy sal hom van onreg weerhouen reg laat geskied in sake tussen mense,