7 hy sal niemand verdruk nie,hy sal goed wat hy in pand geneem het, teruggee,hy sal niemand beroof nie,hy sal van sy kos gee vir dié wat honger is,hy sal klere gee vir dié wat nie klere het nie,
8 hy sal nie geld op rente uitleen nieen nie woekerwins vat nie,hy sal hom van onreg weerhouen reg laat geskied in sake tussen mense,
9 hy sal lewe volgens my voorskrifte,my bepalings gehoorsaam en hulle getrou nakom.“So iemand leef volgens my wil en hy sal bly lewe,” sê die Here my God.
10 “Maar so iemand kan 'n wilde seun hê wat moord pleeg of van dié sondes doen
11 terwyl die pa dit nie gedoen het nie. As die seun aan die offermaaltye op die berge deelneem, 'n ander se vrou onteer,
12 die mens in nood en die arme verdruk, mense beroof, goed wat hy in pand geneem het, nie teruggee nie, hulp soek by afgode en so afskuwelike dade pleeg,
13 geld op rente uitleen of woekerwins vat, kan hy nie bly lewe nie. Hy sal nie bly lewe nie, hy het al hierdie afskuwelike dinge gedoen en hy moet dood. Hy verdien die dood.