1 “Jy moet hierdie treurlied sing oor die konings van Israel.
2 Jy moet sê:“Wat 'n leeuwyfie was jou ma nie tussen die leeus nie!Haar lêplek was tussen die jong leeus,daar het sy haar welpies grootgemaak.
3 Sy het een van haar welpies grootgemaaken hy het 'n jong leeu geword.Hy het geleer om sy prooi te vangen selfs 'n mensvreter geword.
4 Maar die nasies het van hom gehooren hom in 'n vanggat gevang.Hulle het hom met hakena Egipte toe gesleep.
5 “Toe die leeuwyfie sien sy kry nie haar sin nieen dit is klaar met die verwagting wat sy gehad het,vat sy nog een van haar welpiesen maak van hom ook 'n jong leeu.
6 Hy het tussen die leeus rondgestapen 'n jong leeu geword.Hy het geleer om sy prooi te vangen selfs 'n mensvreter geword.