10 “Jou ma was soos 'n wingerdstokwat langs die water geplant is.Van die baie waterhet hy druiwe en ranke gehad.
11 Hy het sterk lote gehad,geskik vir koninklike septers.Hy het hoog gegroei, tot by die wolke,en jy kon hom uitken aan sy hoogte en sy baie ranke.
12 Maar hy is in woede uitgeruken op die grond neergegooi.Die oostewind het hom uitgedoren sy vrugte is afgepluk.Sy sterk lote het verdroog en is verbrand.
13 Toe word die wingerdstok in die woestyn geplant,in 'n droë dorsland,
14 maar daar het vuur uit die lote gekomen sy ranke en vrugte verteer.Toe was daar nie meer sterk lote aan die wingerdstok,geskik vir koninklike septers nie.”Dit is 'n treurlied hierdie. Dit het 'n treurlied geword.