1 Op die tiende van die vyfde maand, in die sewende jaar, het daar van die leiers van Israel gekom om die Here te raadpleeg. Hulle het voor my kom sit,
2 en toe kom die woord van die Here tot my:
3 “Mens, praat met die leiers van Israel. Sê vir hulle: So sê die Here my God: Het julle gekom om My te raadpleeg? So seker as Ek leef, Ek laat My nie deur julle raadpleeg nie, sê die Here my God.
4 Oordeel jý oor hulle, mens, oordeel jý. Vertel vir hulle van die afskuwelike dinge wat hulle voorvaders gedoen het.