40 “Op my heilige berg, op die hoë berg van Israel,” sê die Here my God, “daar, in dié land, sal die hele Israel My dien. Daar sal Ek weer goedgesind wees teenoor hulle en daar sal Ek bereid wees om hulle offergawes, hulle eerstelingoffers en al hulle geskenke aan die heiligdom te ontvang.
41 Die reuk van julle offers sal vir My aanneemlik wees. Wanneer Ek julle onder die volke uit laat trek en julle bymekaarmaak uit al die lande waarheen Ek julle verstrooi het, sal Ek My deur julle voor die oë van die nasies laat ken as die Heilige.
42 Julle sal besef dat Ek die Here is wanneer Ek julle na die land Israel toe bring, na die land wat Ek met 'n eed beloof het om aan julle voorvaders te gee.
43 Daar sal julle julle optrede en al die dinge waarmee julle julle verontreinig het, in herinnering roep en julle sal 'n weersin in julleself kry oor al die sondige dinge wat julle gedoen het.
44 Wanneer Ek met julle handel soos die eer van my Naam dit vereis en nie volgens julle sondige optrede, julle slegte dade nie, sal julle besef dat Ek die Here is. Dit, Israel, sê die Here my God.”
45 Die woord van die Here het tot my gekom:
46 “Mens, draai jou gesig na die suide toe, laat vloei jou woorde na die suide toe, tree op as profeet teen die bos in die oop veld, die Suidland.