17 Jy moet in stilte sug, jy mag nie rou nie. Hou jou tulband op en jou skoene aan. Moenie jou baard bedek nie en moenie eet wat mense gewoonlik by so 'n geleentheid eet nie.”
18 Ek het die môre nog met die volk gepraat, en die nag het my vrou gesterf. Ek het die volgende oggend gedoen soos ek beveel is.
19 Die mense het vir my gevra: “Wil jy nie vir ons sê wat dit vir ons beteken dat jy so maak nie?”
20 Ek het vir hulle gesê: “Die woord van die Here het tot my gekom:
21 Sê vir Israel: So sê die Here my God: Ek gaan my heiligdom ontwy, julle vesting waarop julle so trots is, wat julle soveel vreugde gee en waarvoor julle so lief is. Julle sal julle seuns en dogters aan hulleself oorlaat, en hulle sal met die swaard doodgemaak word.
22 “Julle sal dan doen soos ek nou doen: julle sal julle baard nie bedek nie en die kos nie eet wat mense by sulke geleenthede eet nie.
23 Julle sal tulbande op hê en skoene aan, julle sal nie treur nie en nie huil nie. Van julle sonde sal julle wegteer en by mekaar sit en kla.