1 Die woord van die Here het tot my gekom:
2 “Mens, draai jou gesig na die Ammoniete toe en tree op as profeet teen hulle.
3 Sê vir die land van die Ammoniete: Hoor die woord van die Here my God!”So sê die Here my God: “Jy verlekker jou daarin dat my heiligdom ontwy is, dat die land van Israel verlate lê, dat Juda in ballingskap moes weggevoer word.
4 “Nou gaan Ek jou 'n besitting maak van die mense uit die ooste. Hulle sal hulle kampe in jou kom opslaan, in jou kom woon, jou vrugte opeet en jou melk opdrink.
5 Ek maak Rabba 'n weiveld vir kamele, Ek maak jou 'n plek waar kleinvee lê en rus. Dan sal jy besef dat Ek die Here is.”
6 So sê die Here my God: “Jy het hande geklap, met jou voete gestamp, jou verheug in jou veragting vir die land van Israel.