14 Ek sal my wraak teen Edom in die hande van my volk Israel laat, en hulle sal met Edom maak soos my toorn, my gramskap dit vereis. Edom sal my wraak leer ken,” sê die Here my God.
15 So sê die Here my God: “Die Filistyne het hulle wraak gekoel, hulle het met veragting hulle wraaksug uitgestort, hulle wou Juda tot niet maak op grond van die ou vyandskap.
16 “Daarom,” so sê die Here my God, “gaan Ek my hand uitsteek teen die Filistyne, gaan Ek hulle, hierdie Kretense, uitroei, 'n end maak aan dié wat nog langs die kus oor is.
17 Ek gaan My voluit op hulle wreek, Ek gaan hulle straf in my gramskap. Wanneer Ek My op hulle wreek, sal hulle besef dat Ek die Here is.”