9 “Nou gaan Ek Moab se berghange stroop van stede, van die mooi stede in die land, Bet-Jesimot, Baäl-Meon en Kirjatajim, en die stede op die grense van die land.
10 Daar sal nie meer onder die nasies gedink word aan die Ammoniete nie, en Ek maak Moab saam met die land van die Ammoniete 'n besitting van die mense uit die ooste.
11 Ek gaan Moab straf. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.”
12 So sê die Here my God: “Edom het sy wraaksug op Juda uitgestort, hy het hom skuldig gemaak aan 'n misdaad toe hy teen Juda wraak geneem het.
13 “Daarom,” so sê die Here my God, “gaan Ek my hand teen Edom uitsteek en mens en dier uit hom uitroei en hom 'n puinhoop maak van Teman af tot by Dedan. Hulle sal deur die swaard afgemaai word.
14 Ek sal my wraak teen Edom in die hande van my volk Israel laat, en hulle sal met Edom maak soos my toorn, my gramskap dit vereis. Edom sal my wraak leer ken,” sê die Here my God.
15 So sê die Here my God: “Die Filistyne het hulle wraak gekoel, hulle het met veragting hulle wraaksug uitgestort, hulle wou Juda tot niet maak op grond van die ou vyandskap.