1 Die woord van die Here het tot my gekom:
2 “Mens, draai jou gesig na die bergland van Seïr toe en tree op as profeet teen hom.
3 Jy moet vir hom sê: So sê die Here my God:“Ek gaan teen jou optree, bergland van Seïr,Ek gaan my hand teen jou uitsteeken jou 'n verlate, verwoeste land maak.
4 Jou stede gaan Ek puinhope maaken vir jou 'n verlate land,en jy sal besef dat Ek die Here is.
5 “Jy was van ouds af 'n vyand van die Israeliete en jy het hulle aan die swaard uitgelewer die tyd toe die ramp hulle getref het en hulle vir hulle sonde gestraf is.
6 So seker as Ek leef,” sê die Here my God, “Ek laat jou bloed vloei; jou moorde sal jou inhaal. Omdat jy self nie geskroom het om bloed te laat vloei nie, sal die moorde jou inhaal.