1 “Mens, nou moet jy as profeet optree vir die berge van Israel. Jy moet sê: Berge van Israel, hoor die woord van die Here!
2 So sê die Here my God: Julle vyand het van julle gesê: ‘A, daardie oeroue hoogtes het nou ons s'n geword!’
3 “Tree op as profeet en sê: So sê die Here my God: Julle is van alle kante af verwoes en aangeval en julle het die eiendom geword van wat oor is van die ander nasies. Julle is bespot en verneder.”
4 Daarom, berge van Israel, hoor die woord van die Here my God! So sê die Here my God vir die berge, die heuwels, die klowe, die valleie, vir die verlate puinhope, die onbewoonde stede wat geplunder en verneder is deur die mense wat van die nasies rondom oor is,
5 so sê die Here my God: “Ek praat in gloeiende woede oor wat oor is van die ander nasies en oor die hele Edom wat met soveel genot en minagting my land vir hulleself gevat het om sy weivelde buit te maak.