11 Die Here het vir my gesê: “Mens, al hierdie bene stel die hele Israel voor. Hulle sê: ‘Ons bene is uitgedroog, ons het geen hoop meer nie, dit is klaar met ons.’
12 Tree op as profeet, sê vir hulle: So sê die Here my God: Ek sal julle grafte oopmaak en julle laat uitkom, my volk, en Ek sal julle terugbring na die land Israel toe.
13 Wanneer Ek julle grafte oopmaak en julle laat uitkom, my volk, sal julle besef dat Ek die Here is.
14 Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe en Ek sal julle in julle land laat woon. Dan sal julle besef dat Ek die Here is. Ek het dit gesê en Ek sal dit doen,” sê die Here.
15 Die woord van die Here het tot my gekom:
16 “Mens, vat 'n stuk hout en skryf daarop: Juda en die Israeliete wat sy bondgenote is.“Vat dan nog 'n stuk hout en skryf daarop: Josef. Dit is die stuk hout vir Efraim en die hele Israel wat sy bondgenote is.
17 Druk dan die twee stukke hout teenmekaar sodat hulle soos een stuk in jou hand voel.