12 Jy moet die kos gebruik in die vorm van brood en dit gaarmaak op die droë uitwerpsel van mense waar almal dit kan sien.
13 “So sal die Israeliete ook onrein kos eet tussen die nasies waarheen Ek hulle gaan verstrooi, sê die Here.”
14 Toe sê ek: “Ag, Here my God, ek is nooit verontreinig nie, ek het van my jong dae af tot nou toe nie die vleis van diere wat gevrek het of deur roofdiere doodgemaak is, geëet nie, ek het ook nooit my mond gesit aan offervleis wat te lank oorgestaan en onrein geword het nie.”
15 Die Here het vir my gesê: “Jy kan dan maar jou kos gaarmaak op beesmis in plaas van op die uitwerpsel van mense.”
16 Verder het Hy vir my gesê: “Mens, Ek gaan hongersnood bring in Jerusalem. Hulle sal brood volgens gewig eet en met kommer, hulle sal water volgens maat drink en met huiwering.
17 Wanneer hulle broodsgebrek het en dors ly, sal hulle mekaar met skrik aanskou en van hulle sonde vergaan.