17 Daarna het die man my na die buitenste voorhof toe gevat. Rondom die voorhof was daar vertrekke en 'n plaveisel. Daar was dertig vertrekke teenaan die plaveisel.
18 Die plaveisel was weerskante van die poorte en was so breed as wat die poorte lank was. Dit was die onderste plaveisel.
19 Die man het die afstand gemeet tussen die voorkant van die buitenste poort en die buitekant van die binneste voorhof. Dit was vyftig meter aan die ooste- en aan die noordekant.
20 Daarna het hy die lengte en die breedte gemeet van die poortgebou teen die buitenste voorhof, die poort wat noord gekyk het.
21 Die poortgebou het ook weerskante drie sykamers gehad, en die afmetings van sy tussenmure en sy toegangsportaal was dieselfde as dié van die poortgebou wat reeds beskryf is. Dié poortgebou was ook vyf en twintig meter lank en twaalf en 'n half meter wyd.
22 Sy vensteropenings, sy toegangsportaal en sy palmversierings was net so groot as dié van die poort wat oos gekyk het, en die poort is bereik deur middel van sewe trappe. Agteraan was ook 'n toegangsportaal.
23 Daar was 'n poortgebou teen die binneste voorhof regoor die noordpoort net soos in die geval van die oospoort. Die man het die afstand tussen die buitenste en die binneste poorte gemeet. Dit was vyftig meter.