30 Elke poortgebou het 'n toegangsportaal gehad van twaalf en 'n half meter lank en twee en 'n half meter wyd.
31 Die poortgebou het 'n toegangsportaal na die buitenste voorhof toe gehad, palmversierings aan sy tussenmure, en ag trappe op na die poort toe.
32 Daarna het die man my na die oostekant van die binneste voorhof toe gebring en die poort daar gemeet. Die afmetings was dieselfde as dié van die ander.
33 Die sykamers, die tussenmure en die toegangsportaal in dié gebou het dieselfde afmetings gehad as dié in die ander. Die gebou self en die toegangsportaal het rondom vensteropenings gehad en was vyf en twintig meter lank en twaalf en 'n half meter wyd.
34 Die gebou het 'n toegangsportaal na die buitenste voorhof toe gehad, daar was palmversierings aan die tussenmure weerskante, en ag trappe op na die poort toe.
35 Daarna het die man my na die noordpoort toe gebring en dit gemeet. Die afmetings was dieselfde as dié van die ander.
36 Daar was sykamers, tussenmure en 'n toegangsportaal, en daar was vensteropenings rondom. Die poortgebou was vyf en twintig meter lank en twaalf en 'n half meter wyd.