34 Die gebou het 'n toegangsportaal na die buitenste voorhof toe gehad, daar was palmversierings aan die tussenmure weerskante, en ag trappe op na die poort toe.
35 Daarna het die man my na die noordpoort toe gebring en dit gemeet. Die afmetings was dieselfde as dié van die ander.
36 Daar was sykamers, tussenmure en 'n toegangsportaal, en daar was vensteropenings rondom. Die poortgebou was vyf en twintig meter lank en twaalf en 'n half meter wyd.
37 Sy toegangsportaal was na die buitenste voorhof toe, daar was palmversierings aan die tussenmure weerskante en ag trappe op na die poort toe.
38 Daar was 'n vertrek met sy deuropening in die toegangsportaal van die noordelike binnepoort. Dit is waar die brandoffers afgespoel is.
39 In die toegangsportaal was daar aan weerskante twee tafels waarop die diere vir die brandoffer, die sondeoffer en die skuldoffer afgeslag is.
40 Buite langs die toegangsportaal, by die noordelike poortingang, was daar twee tafels, en aan die ander kant van die toegangsportaal was daar ook twee tafels.