45 Die man het vir my gesê: “Een vertrek wat suid kyk, is bedoel vir die priesters wat in die tempel diens doen.
46 Die vertrek wat noord kyk, is bedoel vir die priesters wat by die altaar diens doen. Net die Levitiese priesters uit die geslag van Sadok kan na die altaar toe kom om die diens aan die Here te verrig.”
47 Die man het die voorhof gemeet. Dit was vyftig meter in die vierkant. Die altaar was voor die tempel.
48 Daarna het hy my na die voorportaal van die tempel toe gebring en die mure weerskante van die portaal se ingang gemeet. Hulle was twee en 'n half meter lank aan weerskante. Die ingang was een en 'n half meter breed aan weerskante.
49 Die portaal was tien meter lank en ses meter breed, en die ingang is bereik deur middel van tien trappe. Daar was pilare teen die mure weerskante van die ingang, een aan elke kant.