7 Die sykamers binne-in die poortgebou was elkeen drie meter in die vierkant, en die mure tussen die sykamers was elkeen twee en 'n half meter dik. Aan die binnekant, agter teen die poortgebou, was daar 'n toegangsportaal. Die drumpel na die portaal toe was drie meter breed.
8 Die man het die drumpel na die toegangsportaal toe gemeet. Dit was drie meter breed.
9 Daarna het hy die toegangsportaal self gemeet. Dit was vier meter, en die mure weerskante van die agterste uitgang van die toegangsportaal was een meter dik.
10 Aan weerskante binne-in die poortgebou was drie sykamers, almal ewe groot, en die mure tussenin was ewe dik.
11 Die man het ook die poort gemeet. As dit oop is, was dit vyf meter wyd, maar die volle wydte van die poort was ses en 'n half meter.
12 Daar was afskortings voor die sykamers weerskante in die poortgebou. Die afskortings was 'n half meter dik en die sykamers was drie meter in die vierkant.
13 Die man het verder die wydte van die poortgebou gemeet van waar die dak en die muur van een sykamer aan mekaar raak tot by dieselfde plek aan die teenoorgestelde kant. Die wydte was twaalf en 'n half meter. Die sykamers se ingange was die een reg teenoor die ander.