17 Bokant die ingang en teen die tempelgebou binne en buite, teen al die mure rondom binne en buite, was daar reëlmatig
18 gerubs en palmversierings aangebring, telkens 'n palm tussen twee gerubs. Elke gerub het twee gesigte gehad,
19 'n mensgesig na die kant toe van die palm aan die een kant, en 'n leeugesig na die kant toe van die palm aan die ander kant. Die versierings was rondom teen die hele tempelgebou aangebring.
20 Van die grond af tot bokant die ingang was daar gerubs en palms aangebring, ook teen die muur van die voorste tempelvertrek.
21 Die voorste tempelvertrek se deurkosyn was vierkantig, en dié van die Allerheiligste ook.
22 Die altaar in die voorste tempelvertrek was van hout, een en 'n half meter hoog en een meter lank. Sy hoeke en sy kante rondom was van hout. Die man het vir my gesê: “Dit is die tafel wat in die teenwoordigheid van die Here staan.”
23 Die voorste tempelvertrek en die Allerheiligste het elkeen 'n deur gehad.