23 Die voorste tempelvertrek en die Allerheiligste het elkeen 'n deur gehad.
24 Elke deur het twee deurvleuels, twee swaaideure, gehad.
25 Op die swaaideure, op dié van die voorste tempelvertrek, was gerubs en palms aangebring net soos op die mure. Voor die toegangsportaal aan die buitekant was 'n afdak van hout.
26 In die mure weerskante van die ingangsportaal was daar vensteropenings met hortjies, en teen die mure was palmversierings. Dit was ook die geval met die verdiepinggebou rondom die tempel en met die afdakke.