19 moet jy vir die Levitiese priesters uit die nageslag van Sadok 'n bul gee as 'n sondeoffer; hulle is die priesters wat by die altaar mag kom om die diens aan My te verrig, sê die Here my God;
20 dan moet jy van die bul se bloed vat en dit aan die vier horings en aan die vier hoeke van die boonste vlak van die altaar smeer, en ook teen die sykante rondom. So moet jy die altaar reinig en dit geskik maak vir diens aan My;
21 daarna moet jy die sondeofferbul verbrand op die plek wat naby die tempel maar buitekant die heiligdom daarvoor aangewys is;
22 die dag daarna moet jy 'n bokram sonder liggaamsgebrek as sondeoffer aanbied en moet jy die altaar reinig net soos in die geval van die bul gedoen is;
23 as jy klaar is met die reiniging, moet jy 'n bul en 'n skaapram, albei sonder liggaamsgebrek, as offers aanbied;
24 jy moet hulle aanbied in die teenwoordigheid van die Here, en die priesters moet sout op die offervleis gooi en dit as 'n brandoffer vir die Here offer;
25 jy moet sewe dae lank elke dag 'n sondeofferbok voorsien, en ook 'n bul en 'n skaapram, almal sonder liggaamsgebrek;