18 Hulle moet linnemusse op die kop hê en hulle moet linnebroeke aanhê. Hulle moet niks aanhê wat hulle laat sweet nie.
19 Wanneer hulle uitgaan na die buitenste voorhof toe, na die volk toe, moet hulle die klere waarin hulle diens gedoen het, uittrek en dit neersit in die gewyde vertrekke en ander klere aantrek. Dit moet hulle doen sodat hulle nie die volk in gevaar stel met die gewyde klere nie.
20 “Priesters mag nie hulle kop kaalskeer nie, maar hulle mag ook nie lang hare hê nie; hulle moet hulle hare netjies sny.
21 “Geen priester mag wyn drink wanneer hy in die binneste voorhof moet ingaan nie.
22 “Hulle mag ook nie trou met weduwees of geskeide vrouens nie, hulle mag net trou met Israelitiese jongmeisies of met jong weduwees van priesters.
23 “Die priesters moet my volk onderrig oor die onderskeid tussen wat gewyd en wat nie gewyd is nie en hulle leer om te onderskei tussen wat rein en wat onrein is.
24 “Waar daar geskille is, moet die priesters as regters optree en uitspraak lewer ooreenkomstig my bepalings.“Hulle moet toesien dat my wil en my voorskrifte op al die feesdae in ag geneem word en dat my sabbatte heilig gehou word.