23 “Die priesters moet my volk onderrig oor die onderskeid tussen wat gewyd en wat nie gewyd is nie en hulle leer om te onderskei tussen wat rein en wat onrein is.
24 “Waar daar geskille is, moet die priesters as regters optree en uitspraak lewer ooreenkomstig my bepalings.“Hulle moet toesien dat my wil en my voorskrifte op al die feesdae in ag geneem word en dat my sabbatte heilig gehou word.
25 “Hulle mag nie onrein word deur naby 'n lyk te kom nie. Net in die geval van ouers of kinders of broers of ongetroude susters mag 'n priester onrein word,
26 en dan moet hy ná sy reiniging sewe dae laat verloop
27 en op die dag wanneer hy weer in die heiligdom, in die binneste voorhof ingaan om die dienswerk in die heiligdom te doen, moet hy 'n sondeoffer bring,” sê die Here my God.
28 “As eiendom ontvang die priesters van wat My toekom. Hulle kry nie 'n besitting tussen die Israeliete nie, want hulle besitting is wat Ek vir hulle gee uit wat Myne is.
29 Hulle mag die graanoffer, die sondeoffer en die skuldoffer eet, en hulle kry alles wat in Israel aan My gewy word;