6 “Jy moet vir dié weerbarstige volk, vir Israel, sê: So sê die Here my God: Was al julle afskuwelike dade nie genoeg nie, Israel,
7 dat julle ook nog eerlose en onbesnede uitlanders in my heiligdom ingebring het om my huis te ontwy? Julle het vir My vet en bloed as voedseloffer aangebied en terselfdertyd die verbond met My verbreek deur al julle afskuwelike dade.
8 Julle het nie die dienswerk in my heiligdom gedoen nie, julle het die uitlanders dit laat doen in julle plek.”
9 So sê die Here my God: “Geen eerlose, onbesnede uitlander mag in my heiligdom kom nie, nie een van al die uitlanders wat tussen die Israeliete woon nie.
10 “Net die Leviete kon dit doen. Maar die Leviete het van My vervreem geraak toe Israel My verlaat het en hulle hulle afgode gedien het. Die Leviete moet die straf vir hulle sonde dra.
11 Hulle mag diens doen in my heiligdom as wagte by die tempelpoorte en as tempelbediendes, hulle mag die diere vir die brandoffer en die ander offers slag vir die volk, en die nodige vir die volk doen,
12 maar hulle het ook die nodige vir die volk gedoen in die diens van afgode, hulle het Israel in sonde laat verval, en daarom steek Ek my hand teen hulle uit en laat Ek hulle die straf vir hulle sonde dra,” sê die Here my God.