20 en die man het vir my gesê: “Dit is die plek waar die priesters die vleis moet gaarmaak van die skuldoffer en die sondeoffer en waar hulle die graanoffergeregte moet bak, sodat hulle nie die volk in gevaar stel deur dié gewyde dinge deur die buitenste voorhof te bring nie.”
21 Daarna bring die man my na die buitenste voorhof toe en vat my by die vier hoeke van die voorhof verby. In elke hoek van die voorhof was daar 'n kleiner voorhof.
22 Dié kleiner voorhowe was elkeen twintig meter lank en vyftien meter breed, en daar het rook by hulle uitgekom.
23 Daar was 'n muur om elkeen en binne teen die muur rondom was daar kookplekke aangebring.
24 Die man het vir my gesê: “Dit is die kookplekke waar die tempelbediendes die offervleis van die volk gaarmaak.”