19 “Aan die suidekant loop die grens eers suid van Tamar af tot by die waters van Meriba-Kades, dan met die spruit langs tot teen die Groot See. Dit is die suidgrens.
20 “Aan die westekant is die grens die Groot See, van die suidgrens af tot regoor Lebo-Hamat. Dit is die wesgrens.
21 “Dit is die land wat julle tussen julle moet verdeel volgens al die stamme van Israel.
22 Julle moet die land verdeel deur loting vir julleself en vir die vreemdelinge wat al 'n geslag lank tussen julle woon. Julle moet sulke vreemdelinge as medeburgers tussen julle beskou. Hulle moet saam met julle besittings ontvang onder die stamme van Israel.
23 Julle moet die vreemdelinge hulle besittings gee by die stamme waar hulle woon,” sê die Here my God.