20 “Die hele gebied wat afgesonder moet word, sal dus twaalf en 'n half kilometer in die vierkant wees. Julle moet dit as 'n gewyde offergawe afstaan. Die stadsgebied is daarby ingesluit.
21-22 “Die grond wat oorbly aan die oostekant en aan die westekant van die gewyde gebied waar die tempel en die stadsgebied en die gebied van die Leviete moet wees, is tot beskikking van die regeerder. Dit loop tot by die oosgrens van die land en weswaarts tot by die see en lê tussen die gebied van Juda en dié van Benjamin.
23 “Die stamme wat oorbly en wat elkeen ook 'n strook van die oosgrens af tot teen die wesgrens moet kry, is Benjamin,
24 Simeon,
25 Issaskar,
26 Sebulon en
27 Gad.