21-22 “Die grond wat oorbly aan die oostekant en aan die westekant van die gewyde gebied waar die tempel en die stadsgebied en die gebied van die Leviete moet wees, is tot beskikking van die regeerder. Dit loop tot by die oosgrens van die land en weswaarts tot by die see en lê tussen die gebied van Juda en dié van Benjamin.
23 “Die stamme wat oorbly en wat elkeen ook 'n strook van die oosgrens af tot teen die wesgrens moet kry, is Benjamin,
24 Simeon,
25 Issaskar,
26 Sebulon en
27 Gad.
28 Suid van Gad se gebied loop die grens van Tamar af oor die waters van Meriba-Kades met die spruit langs tot aan die Groot See.