25 Issaskar,
26 Sebulon en
27 Gad.
28 Suid van Gad se gebied loop die grens van Tamar af oor die waters van Meriba-Kades met die spruit langs tot aan die Groot See.
29 “Dit is die land wat julle deur loting as besitting moet verdeel tussen die Israelitiese stamme en dit is die dele wat elkeen moet kry,” sê die Here my God.
30 “Die uitgange uit die stad uit moet soos volg wees: die noordelike stadsgrens moet twee en 'n kwart kilometer lank wees
31 met drie poorte, genoem na stamme van Israel: Ruben, Juda en Levi.