30 “Die uitgange uit die stad uit moet soos volg wees: die noordelike stadsgrens moet twee en 'n kwart kilometer lank wees
31 met drie poorte, genoem na stamme van Israel: Ruben, Juda en Levi.
32 Die ander stadsgrense moet elkeen ook twee en 'n kwart kilometer lank wees, elk met drie poorte, aan die oostekant Josef, Benjamin en Dan,
33 aan die suidekant Simeon, Issaskar en Sebulon,
34 en aan die westekant Gad, Aser en Naftali.
35 “Die omtrek van die stad moet nege kilometer wees, en sy naam moet van vandag af wees: Die Here is daar.”