13 Dan sal my toorn gekoel wees en sal Ek my woede teen hulle tot bedaring bring en sal Ek tevrede gestel wees. Wanneer Ek so my woede op hulle gekoel het, sal hulle besef dat Ek, die Here, hulle aangespreek het omdat Ek oor hulle begaan was.
14 “Ek maak jou 'n puinhoop, Jerusalem, Ek maak jou die spot van die nasies rondom jou. Almal wat by jou verbygaan, sal dit sien.
15 Die nasies rondom jou sal die spot met jou dryf en jou uitlag, jy sal dien as 'n waarskuwing en 'n afskrikmiddel vir hulle wanneer Ek jou in my toorn en in my woede straf en jou vir jou dade laat boet. Ek, die Here, sê dit.
16 “Wanneer Ek my pyle op julle, inwoners van Jerusalem, afskiet, doen Ek dit juis om julle uit te roei. My pyle is swaar hongersnood waardeur julle uitgeroei sal word, en Ek sal dit al erger laat word, Ek sal julle kos laat opraak.
17 Ek bring hongersnood en 'n roofdierplaag oor julle wat julle kinders sal uitroei; pes en bloedvergieting sal julle tref, Ek bring oorlog oor julle. Ek, die Here, sê dit.”