12 “Die tyd het gekom, die dag het aangebreekdat die een wat koop, nie bly moet wees nie,en die een wat verkoop, nie spyt nie,want die toorn van die Here rus op almal in die land.
13 Die verkoper sal wat hy verkoop het, nie terugkry nie,al leef hy en die koper altwee nog.Wat Ek oor almal in die land bekend gemaak het, staan vas:almal is skuldig, niemand sal sy lewe behou nie.
14 Hulle kan maar die ramshoring blaasen alles gereed maak vir die geveg,maar hulle sal nie eens die geveg kan begin nie,want my toorn rus op almal in die land.
15 “Oorlog buite, pes en hongersnood binne:wie buite op die land is, sal in die oorlog sterf;wie in die stad is, sal verteer word deur honger en pes.
16 Dié wat ontkom, sal op die berge skuilen soos die duiwe in die valleiesaam sit en kla, elkeen oor sy sonde.
17 Al die hande sal slap hang,daar sal water teen al die knieë afloop;
18 die mense sal rouklere aantreken skrikbevange raak;elke gesig sal verslae wees,elke kop kaalgeskeer.