20 hulle was so trots op hulle versiersels, so ingenome daarmee,dat hulle daarvan vir hulle gode gemaak het,afskuwelike, walglike goed.Dit is waarom Ek hulle goud en silwer nutteloos laat word.
21 “Ek gee dit oor aan vreemdes as buit;die goddeloses van die aarde sal dit roof en ontwy.
22 Ek sal maak of Ek niks sien nie,en hulle sal my kosbare tempel ontwy,rowers sal daar inkom en dit ontwy.
23 Maak gereed die kettings vir die gevangenes,want die land se regters is moordenaars,die stad is vol geweld.
24 Ek bring die slegste nasies,hulle sal die huise in die land vat.Ek maak 'n end aan die hoogmoed van die mense met mag,hulle heiligdomme sal ontwy word.
25 Wanneer die angs kom, sal hulle vrede soek,maar dié sal daar nie wees nie.
26 Ramp op ramp sal kom,gerug op gerug.Hulle sal tevergeefs by die profeet 'n openbaring soek;ook die priester sal nie leiding kan gee nie,en die oumense sal nie raad hê nie.