24 Ek bring die slegste nasies,hulle sal die huise in die land vat.Ek maak 'n end aan die hoogmoed van die mense met mag,hulle heiligdomme sal ontwy word.
25 Wanneer die angs kom, sal hulle vrede soek,maar dié sal daar nie wees nie.
26 Ramp op ramp sal kom,gerug op gerug.Hulle sal tevergeefs by die profeet 'n openbaring soek;ook die priester sal nie leiding kan gee nie,en die oumense sal nie raad hê nie.
27 Die koning sal treur,die vername mense sal angsbevange wees,die mense in die land sal die hande wring van vrees.Ek gaan aan hulle doen wat hulle verdien,Ek gaan hulle straf soos hulle self mense gestraf het.Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.”