3 Land, jou einde is daar,want Ek laat my toorn teen jou losbreek,Ek gaan jou straf vir wat jy gedoen het,Ek gaan die straf vir al jou afskuwelike dade oor jou laat kom.
4 Ek sal jou nie verskoon nie,jou nie jammer kry nie.Ek gaan die straf vir wat jy gedoen het, oor jou laat kom;jou afskuwelike dade sal jou tref.Dan sal jy besef dat Ek die Here is.”
5 So sê die Here my God:“Daar kom 'n ramp! 'n Groot ramp!
6 Die einde kom, die einde kom!Dit begin jou tref, dit kom!
7 Die ergste kom vir jou, inwoner van die land,die tyd kom, die dag is naby,die dag waarop daar nie vreugde niemaar ontsteltenis op die berge sal wees.
8 Nou, binnekort, laat Ek my woede losbreek teen jou,Ek gaan my toorn op jou koelen jou straf vir wat jy gedoen het,Ek gaan die straf vir al jou afskuwelike dade oor jou laat kom.
9 Ek sal jou nie verskoon nie,jou nie jammer kry nie.Ek gaan die straf vir wat jy gedoen het, oor jou laat kom;jou afskuwelike dade sal jou inhaal.Dan sal jy besef dat dit Ek, die Here, is wat jou straf.