1 Op die vyfde van die sesde maand, in die sesde jaar, het ek in my huis gesit, en die leiers van Juda het voor my gesit. Daar het die mag van die Here my God my toe plotseling in besit geneem.
2 Ek het 'n gesig gesien. Daar was 'n mensvormige gestalte. Van wat gelyk het na sy heupe, daarvandaan ondertoe, was hy van vuur en van sy heupe af boontoe het dit gelyk soos blink, gloeiende metaal.
3 Hy het iets uitgesteek wat soos 'n hand gelyk het en my aan my hare gevat: die Gees het my in die lug opgetel en my na Jerusalem toe gebring. Dit het gebeur in die gesig wat van God af gekom het. Die Gees het my gebring na die ingang van die poort aan die binnekant, die een wat na die noorde toe kyk, daar waar die afgodsbeeld gestaan het wat soveel heftige toorn veroorsaak het.
4 Hier het ek die magtige verskyning van die God van Israel weer gesien, net soos die keer in die vallei.
5 Hy het vir my gesê: “Mens, kyk noord!”Ek het gekyk, en daar aan die noordekant van die poort by 'n altaar het daardie afgodsbeeld wat toorn veroorsaak, gestaan, by die ingang!