21 Gee dus opdrag dat daardie manne gekeer word. Daardie stad mag nie herbou word voor ek opdrag gee nie.
22 Sorg dat julle nie nalatig is in dié saak nie, sodat die koningshuis nie nog groter skade ly nie.”
23 Toe 'n afskrif van die brief van koning Artasasta voorgelees is aan Regum en aan die sekretaris Simsai en hulle bondgenote, is hulle haastig Jerusalem toe, na die Judeërs toe, en het hulle die werk met mag en geweld tot stilstand gebring.
24 Die werk aan die tempel in Jerusalem is gestaak, en dit het bly lê tot die tweede regeringsjaar van koning Darius van Persië.