1 In dié tyd het twee profete opgetree, Haggai en Sagaria seun van Iddo. Hulle het die Judeërs in Juda en Jerusalem aangespreek in die Naam van die God van Israel.
2 Daarna het Serubbabel seun van Sealtiël, en Jesua seun van Josadak weer begin bou aan die tempel in Jerusalem. Die profete van God het hulle bygestaan en hulle ondersteun.
3 Toe het goewerneur Tattenai van Wes-Eufraat, Setar-Bosnai en hulle bondgenote na die Judeërs toe gekom en vir hulle gevra: “Van wie het julle opdrag gekry om dié tempel te herbou en sy timmerasie op te sit?”
4 Verder wou hulle weet: “Wat is die name van die manne wat dié gebou herstel?”