4 Verder wou hulle weet: “Wat is die name van die manne wat dié gebou herstel?”
5 Maar God het 'n oog gehou oor die Judese leiers, en die werk is toegelaat om aan te gaan tot tyd en wyl daar aan Darius verslag gedoen is en daar van hom 'n beslissing oor die saak ontvang is.
6 Hier volg nou 'n afskrif van die brief wat goewerneur Tattenai van Wes-Eufraat, Setar-Bosnai en hulle ampsgenote, die goewerneurs in Wes-Eufraat, aan koning Darius gestuur het.
7 Hulle het aan hom verslag gedoen en soos volg geskryf:“Aan koning Darius. Alle voorspoed!
8 “Ons bring tot die koning se kennis dat ons na die provinsie Juda toe gegaan het en daar by 'n groot tempel uitgekom het. Dit word gebou van gekapte klip en die balke word al op die mure gelê. Die werk word met ywer gedoen en vorder vinnig.
9 Ons het toe by die mense wat die leiding neem, navraag gedoen. Ons het vir hulle gesê: ‘Van wie het julle opdrag gekry om dié tempel te bou en sy timmerasie op te sit?’
10 Ons het ook hulle name gevra om vir u inligting op skrif te stel watter manne hulle leiers is.