2 en in Agmeta die hoofstad van die provinsie Medië is daar so 'n geskrif gevind. Daarin het gestaan:“Proklamasie:
3 “In sy eerste regeringsjaar het koning Kores 'n bevel uitgevaardig in verband met die tempel in Jerusalem. Die tempel moet herbou word as 'n plek waar offers gebring word. Die fondamente moet versterk word en die gebou moet dertig meter hoog en dertig meter breed wees,
4 met telkens drie lae gekapte klip en een laag hout. Die koste moet gedra word deur die koninklike skatkis.
5 Die goue en die silwergoed wat aan die tempel behoort en wat Nebukadnesar uit die tempel in Jerusalem verwyder en na Babel toe gebring het, moet teruggegee word. Dit moet teruggevat word na die tempel toe in Jerusalem waar dit hoort en daar in die tempel gesit word.”
6 Koning Darius het toe soos volg laat skryf:“Aan goewerneur Tattenai van Wes-Eufraat, Setar-Bosnai en hulle ampsgenote, die goewerneurs in Wes-Eufraat.“Julle moet daar wegbly.
7 Laat die werk aan daardie tempel ongehinderd voortgaan. Laat die goewerneur van die Judeërs en hulle leiers die tempel bou waar hy moet wees.
8 Ek gee hiermee ook opdrag wat julle moet doen om daardie Judese leiers te help met die bou van die tempel: Sonder versuim en nougeset moet die koste aan daardie manne uitbetaal word uit die koninklike fondse, die belasting van Wes-Eufraat.