15 Jy moet ook die silwer en die goud wegbring wat die koning en sy adviseurs as 'n vrywillige gawe gee aan die God van Israel wat sy woning in Jerusalem het.
16 Verder moet jy al die silwer en die goud saamneem wat jy dwarsoor die provinsie Babel kan bekom, en ook die vrywillige gawes wat die volk en die priesters vir die tempel van hulle God in Jerusalem gee.
17 Van dié geld moet jy met oorleg gebruik om bulle, ramme en lammers te koop, met die bybehorende graan- en drankoffers, en dan moet jy dit op die altaar van die tempel van julle God in Jerusalem offer.
18 Die silwer en die goud wat oorbly, moet jy gebruik soos jy en jou ampsgenote dit goedvind volgens die wil van julle God.
19 Die goed wat vir gebruik in die tempel van jou God bestem en aan jou oorhandig is, moet jy as geskenk aan God in Jerusalem gaan gee.
20 Enigiets anders wat vir die tempel van jou God nodig mag wees, en wat jy moet voorsien, mag jy uit die koninklike skatkis vat.
21 “Ek, koning Artasasta, beveel al die beamptes in beheer van die skatkis in Wes-Eufraat: Alles wat die priester Esra, skrifgeleerde in die wet van die God van die hemel, van julle vra, moet julle dadelik lewer,