2 Sallum, Sadok, Agitub,
3 Amarja, Asarja, Merajot,
4 Seragja, Ussi, Bukki,
5 Abisua, Pinehas en Eleasar tot by die hoëpriester Aäron.
6 Hierdie Esra het uit Babel gekom en hy was 'n geleerde man, kundig in die wet van Moses wat deur die Here die God van Israel gegee is. Omdat die Here sy hand oor Esra gehou het, het die koning hom alles gegee wat hy van hom gevra het.
7 In die sewende regeringsjaar van koning Artasasta het Esra en 'n aantal Israeliete, priesters, Leviete, tempelsangers, poortwagte en tempelslawe na Jerusalem toe teruggegaan.
8 Esra het in Jerusalem aangekom in die vyfde maand, in die sewende regeringsjaar van die koning.